Jagkamp/Lodge

Die jagkamp bestaan uit twee grasdak hutte wat elk vier beddens bevat met ‘n ensuite badkamer en toilet.
Verder is daar ‘n dubbel eenheid, elke kamer toegerus met vier beddens en ‘n ensuite badkamer, toilet word gedeel.
Die lapa, sitkamer en kombuis is apart van die slaapeenhede op die oewer van die Koedoesrivier.

image  image  image

Die L-vormige sitkamer is gemaklik ingerig met ‘n ses sitplek stel en drie enkelbedgrootte ingeboude banke/ beddens om u behofte aan te spreek
Die Lapa kan gemaklik die sestien bed groep hanteer en is lekker geleë tussen die ten volle toegruste kombuis en sitkamer sodat niemand uigesluit hoef te voel nie.
Snags verskaf ‘n kragopwekker elektrisiteit vir die wat meer as 12 volt helder lig verkies

image  image  image  image