Tuis/Home

Welkom – Welcome

U gashere tot die plaas wil u verseker van ‘n wegbreek met ‘n verskil.

Privaatheid terwyl u die natuur beleef is waarskynlik die duurste kommoditeit waarvoor nie ekstra betaal hoef te word nie.

Respek vir die natuur en dank aan ons Skepper vir al ons geleenthede is al wat ons voor leef.

Kom ontspan rustig as jagter, voëlkyker, voetslaner, diereliefhebber of sommer net jouself….

Regte bosveld atmosveer streel hart en gemoed terwyl jy op die stoep van die onthaalarea sit en die natuur waardeer.

Kontak/Contact Rodney 083 286 0058 of André 082 322 5388 of Charel 082 492 8231

Experience the real bushveld and cleanse you soul between the peaceful mountains
Die bykans drie duisend hektaar bergplaas met die Koedoes rivier wat daar deurloop bied iets vir elkeen. Kameelperd tot klipspringer, verskeie spesies van die kat familie en ‘n baie voëlryke omgewing sal al jou behoeftes bevredig

Nyala, Koedoe, Bosbok, Klipspringer, Rooi Ribbok, Blouwildebees, Kameelperd, Rooibok, Duiker, Vlakvark, Bosvark, Volstruis, Luiperd, Tierboskat, Sivetkat, Bruin Hiëna ens is te sien en te jag (voorwaardes geld en wanneer beskikbaar)

[easingslider]

  • Geleë in die Mooketsi vallei, skaars 3,5ure se reis vanaf Gauteng, lê die paradys weerskante van die oorsprong van die Koedoesrivier.
  • Die Houtbosdorppad, wat feitlik die een grens van die plaas vorm, is bekend onder voëlkykers vir sy voëlryke lewe en die pad is selfs op die nasionale voëlkykroetes ingesluit.
  • Die bergagtige terrein maak dit ook ‘n ongelooflike ervaring vir die Eco-4×4 entoesias. Billike bergroetes maak die reis onvergeetlik en ‘n 4-trek voertuig maak dit moonlik, nie noodwendig om ‘n punt te bewys nie maar, om met die minste skade aan die natuur van A na B te reis.
  • Met ‘n 16 bed kamp, wat, idiaal is vir families of vriende groepe kan u, u-self uitleef en uitrus.
  • Selfoonopvangs is beperk, dus die perfekte geleeentheid om weg te breek van die malle gejaag in die allerdaagse lewe.
  • Quads is welkom, maar die plaas is nie ‘n resiesbaan nie. Die natuurlewe kom eerste en u optrede om die wild so min as moontlik te versteur word hoog op prys gestel.
  • Sovêr dit jagters aangaan is dit ‘n relatief maklike jag vir kleinwild, die perfekte geleentheid om kleinboet of ~sus, hul eerste Rooibok of vlakvark te laat jag.
  • Die ruie veld hou sy voordele in vir die jag entoesias. Slag en koelgeriewe maak die jag ook meer ontspannend sodat families meer tyd met mekaar kan spandeer.
  • Kom, maak dus tyd, bespreek betyds en verseker jou tyd in die natuur waar jy van die rivierloop of by uitkykpunte in die berghange, jou siel weer kan verreik.
  • Die fasiliteite ontleen ditself ook vir ‘n bosberaad waar privaatheid en ‘n veilige kamp, van vroue naweke tot die strategiese beplanning van u projekte perfek kan huisves.